|
![]() |
NOTAS OOR PAPIERBASIS LASLAP METODE:
Maak doodseker dat jou patroon akkuraat geteken en gefotostateer is en dat dit in volgorde genommer sal wees. Druk genoeg patroonstukke vir jou blok/ke. Sny die ekstra papier af, maar behou die naattoelating rondom die patroonstuk. Maak kopieë van 'n oorspronklike tekening, as Kontrolekopie eerder as om 'n kopie daarvan te gebruik.
Indien die patroon template bygee vir die knipwerk, kan jy jou materiaal daarvolgens knip. Onthou dat ’n groter as normale naattoelating aan alle sye van die materiaal gegee moet word wanneer jy die aanvanklike eenhede op die materiaal vasstik, want jy stik vanaf die agterkant (papier kant) - dit help wanneer jou naattoelating ruim is, om te verseker dat jou naattoelating wel groot genoeg is. Baiemaal benodig mens ook meer materiaal as wat jy dink, omdat die materiaal omgekeer word. Hierdie naat word na afloop van stik na ’n kwart duim (6mm) gesny.
Hou in gedagte dat jy baie maal ’n spieëlbeeld skep en beplan daarvoor.
Verseker dat die naaimasjien skoon en geolie is indien nodig.
Gebruik 'n ooptoon-masjienvoetjie om beter te kan sien waar jy stik
Die naaimasjien se steeklengte moet opgestel word om korter as normaal te wees, ek stel my naaimasjien op ’n steeklengte van tussen 1,5 en 2 in plaas van die normale 2,5. Die doel hiervoor is om jou papier beter te perforeer vir wanneer die papier afgehaal word, die papier verwyder dan makliker en jou steke het minder stremming op..
Gebruik ’n dikker naald - soos byvoorbeeld ’n nommer 90 Universal naald. Gebruik ’n goeie kwaliteit naald op jou naaimasjien. Ruil jou naald gereeld, want die papier is geneig om jou naald spoedig stomp te maak.
As jy bang is dat jy deurmekaar kan raak weens die spieëlbeeld wat geskep word, kan jy op die stiklyne 'n vou op die papier maak - dit help om jou pante makliker te plaas.
Indien jy fynsny, moet jy eerder venstertemplate sny, dit sal help met die plasing van jou pante.
Vir jou eerste materiaalplasing: Plaas jou materiaal op die onbedrukte kant van die papier met die regte kant na buite. Hou die papier regop teen die lug (of op 'n ligboks of eksterne lamp as jy een het) om seker te maak jou materiaal maak pant nommer een heeltemal toe en dat daar genoeg verbysteek vir die naattoelating.
Vir die res van jou stikwerk: Plaas jou tweede pant (met die regte kante teenmekaar) bo-op Pant 1 om die stiklyn mooi toe te maak en steek dit vas met 'n speld. Jy kan die pant op die stiklyn oopvou en sekermaak dat die pant die hele area gaan toemaak. Jy draai nou die papier om sodat die materiaal onder lê en stik dan op die stiklyn aan die bedrukte kant. Jy begin 'n kwart duim (6mm) voor jou stiklyn te stik en eindig 'n kwart duim (6mm) na die stiklyn. Herhaal tot al die stappe voltooi is.'n Trusteek of twee/drie is voldoende hier
Die steek kan verstewig word deur tru te stik aan die begin en einde van die stiksel, gebruik ’n 100% katoen garing as jy met katoenmateriaal werk, gebruik ’n neutrale kleur. Stik in die voorgestelde volgorde, sny die naattoelating en pars jou naat na elke stiksel. Sny jou nate na elke stiksel tot ’n 1/4 duim / 6mm naattoelating. Dis verseker dat jou volgende plasing korrek sal wees en dat die werkstuk agter netjies vertoon. Om die nate te sny, vou die papierbasis terug van die naat wat jy wil sny en plaas jou liniaal (of "Add-a-Quarter" liniaal) teen die stiksel, sny 1/4" (6mm) met jou rollemsnyer teen die liniaal om die oortollige materiaal te verwyder van die naat. Pars jou some in ’n logiese wyse. Wanneer dieselfde nommer op die patroon se volgorde van stik aangedui word, dan kan die nate saam gepars word. Pars jou werk ferm om die materiaal mooi plat te kry en gebruik ’n droë strykyster (nie stoom nie). Jy kan selfs ekstra spelde gebruik om die materiaal mooi plat te hou.
Dit is noodsaaklik dat jy deurgaans pars, sny en met koppiespelde steek soos wat jy gaan, om te verseker dat jou blok mooi plat lê en op die beplande grootte uitkom. Dit voorkom ook dat materiaal skuif of vou tydens stik.
Sny alle los garingdrade af soos jy vorder.
Papier maak mens se naaimasjien naalde vinniger stomp en derhalwe moet jy gereeld jou naalde vervang.
Alle papier moet versigtig verwyder word wanneer die kwiltblok of bokant voltooi is of wanneer 'n blok alreeds heeltemal omring is deur ander blokke of materiaalstukke.
Onthou, aanvanklik mag dit vreemd voel om in spieëlbeeld te werk, maar die eindresultaat is perfek!
|
![]() |
Flight of Fantasy
Exclusively designed by Husqvarna Viking!
Embroidery machine techniques classes at QUILTSEW!
Join us for the ultimate series of classes which will get you to know your embroidery machine. Really well.
Owning a Husqvarna VIKING embroidery machine opens a world of creativity like no other. The features we have on our machines enables our imagination to take flight, and embroider beautiful designs which we can showcase on a beautiful project.
This series of classes can be adapted for other brands as well.
The wall hanging will combine all you have learnt in an exciting, unique and creative way.
The Flight of Fantasy project will require ten lessons and the following
techniques will be mastered:
1. Hooping up, Stabilizers, Basic embroidery
2. Candle wicking
3. Twin Needle, Wing Needle
4. Thread Velvet
5. Lace, Free Standing Lace
6. Felting
7. Yarn Couching
8. Mosaic applique, Glitter Vinyl
9. Applique Puffy Foam
10. Cutwork, Cutwork needle kit
11. Crazy Patchwork
What is it all about?
This lesson is about good beginnings, learning solid embroidery principles and then taking flight with a new embroidery skill set.
Each lesson will be presented as a hands on class. You will be required to bring your sewing machine and accessories.
Find out more: [email protected]
|
![]() |
Blog post: Nampo 2019
The smell of wet grass and the sight of the South African farming community getting ready to marvel at the newest technology in implements and methods, made the early winter mornings worth the while!!
PFAFF SA and QUILTSEW attended the Nampo Agricultural show in May 2019 to showcase the newest range of PFAFF sewing- and embroidery machines. Heather Lawlor, our South African distributor made many a by passer giggle with her remarks and friendly personality, showcasing the new capabilities of the PFAFF range of sewing machines.
At the 2018 NAMPO show, PFAFF launched the new Creative Icon which amazed the visitors to the QUILTSEW stand with its Wi-Fi capabilities, linked cell phone application and 10” tablet screen ...
In 2019 PFAFF launched the Expression range of sewing machines, with the 720 being a quilter’s edition, of which the sewing space is the first feature that catches the eye. The Expression 720 and 710 interested both serious sewers as well as current PFAFF owners thinking of upgrading their machines.
PFAFF also launched the Ambition range, of which three models were exhibited - these machines proofs to be extremely good value for money and every visitor to the stand had the great opportunity to fall in love with either a specific feature or - if all else fails - the colour of their choice!!
Thank you to the great team at PFAFF SA for the support at Nampo and we would like to congratulate every proud new owner, which invested in a love relationship with the top brand of sewing machine in the world!
Maria Kotze - 20190528